Onderhoud

'n Radio-onderhoud word met 'n musikant gevoer.
'n Vrou in 'n werkonderhoud.

'n Onderhoud is 'n gesprek waar vrae gevra en beantwoord word.[1] In alledaagse taal verwys die woord "onderhoud" na 'n een-tot-een gesprek waar een persoon as die ondervraer of onderhoudvoerder en die ander persoon, afhangende van die konteks, as ondervraagde, aansoeker of kandidaat optree. Daar word beurtelings vrae gevra en reageer. Onderhoude behels gewoonlik die oordra van inligting van die ondervraagde aan die onderhoudvoerder, en alhoewel dit gewoonlik die primêre doel van 'n onderhoud is, kan dit wedersyds plaasvind. 'n Mens kan 'n onderhoud, waar tweerigtingkommunikasie plaasvind, kontrasteer met 'n eenrigtingvloei van inligting, soos by 'n toespraak.

Onderhoude word gewoonlik van aangesig tot aangesig en in persoon gevoer, maar met moderne kommunikasietegnologie soos die Internet en videokonferensie-sagteware kan gesprekke plaasvind waar partye geografies geskei is.[2] Dan is daar telefoniese onderhoude wat sonder visuele kontak gevoer kan word. Alhoewel onderhoude amper altyd mondelinge gesprekke tussen twee of meer partye gehels, kan twee persone 'n "gesprek" voer deur vrae en antwoorde oor en weer te tik. Onderhoude wissel van ongestruktureerde of oop gesprekke sonder 'n voorafbepaalde plan en afgesproke vrae,[3] tot hoogs gestruktureerde gesprekke waar spesifieke vrae in 'n spesifieke volgorde gevra word.[4] Daar bestaan verskillende formate; in 'n ladder interview word 'n respondent se antwoorde gebruik om 'n daaropvolgende onderhoud te "stuur" in 'n poging om die respondent se onderbewuste motiewe te ondersoek.[5][6] Gewoonlik sal die onderhoudvoerder die inligting aanteken wat by die ondervraagde verkry is, dikwels deur dit neer te skryf of soms deur transkribering met behulp van 'n video- of bandopname, afhangende van die konteks en omvang van inligting en lengte van die onderhoud. Onderhoude het 'n tydsduur in die sin dat die onderhoud 'n begin en 'n einde het.

  1. Merriam Webster Dictionary, Interview, Dictionary definition, Retrieved February 16, 2016
  2. https://www.brandeis.edu/hiatt/howto/interview/index.html.
  3. Rogers, Carl R. (1945). Frontier Thinking in Guidance. University of California: Science research associates. pp. 105–112. Besoek op 18 Maart 2015.
  4. Kvale & Brinkman. 2008.
  5. 2009, Uxmatters, Laddering: A research interview technique for uncovering core values
  6. http://blog.pluralsight.com/15-tips-on-how-to-nail-a-face-to-face-interview.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search